Terugvoering van Lede
Ons is mal daaroor om van ons lede te hoor. Sonder jul terugvoering sal ons nooit weet waarvan julle hou en waarop ons kan verbeter nie!
Enige voorstelle? Stuur 'n e-pos na voorstelle@leserskring.com.
Ons deel graag van ons lede se menings met jou:
Dankie vir julle flukse diens. Ek hoop ek leef lank genoeg om die 50ste een saam met julle te vier!
Marianne Esterhuysen van Namibië
Dankie vir Leserskring se wonderlike diens én sielsverryking oor die jare!
Sarie Neetling
Nogmaals baie dankie vir julle wonderlike DIENS die afgelope 25 jaar en sommer vir die volgende … jare!
Rita de Jongh van D’Urbanvale
Dankie vir jare se puik diens, ek hoop ons sal nog jare lank saam ons liefde vir boeke deel!
Margie Swart van Bothaville
Deur die jare het u diens wat gelewer is, altyd aan die verwagtings voldoen, en verhoed dat ek in boekwinkels hoef rond te snuffel. Mag die volgende 25 jaar net so suksesvol wees, as die afgelope kwarteeu!
Adeline Barkhuizen van Lynn East
Mag die volgende 25 jaar groot sukses en voorspoed inhou. Seënwense vir almal!
L Bouwer
Baie dankie vir die wonderlike geleentheid wat ons het om boeke oor die pos te bestel.
Annatjie Klingbiel van Lydenburg
Dankie vir die puik diens.
Martha Hoon van Wellington
Ek behoort al 26 jaar aan julle, en kan nie genoeg dankie sê vir al die pragtige boeke en geskenke wat ek deur die jare van u gekoop het nie.
Maria Vorster van Anerley
Baie dankie vir u diens van die afgelope 25 jaar, mag ons nog baie gelukkige jare saam loop.
Yvonne Smit van Fichardtpark
Deur al die jare heen, was ek nog nooit spyt dat ek by Leserskring aangesluit het nie.
Rita Campbell van Mosselbaai
Ja, ek was een van die begin-lede, kan dit nie glo nie. Waar is die tyd heen? Baie dankie aan julle!
W. Agenbag van Springbok
As ‘n gelukkige en tevrede lid hoop ek om nog baie jare die pad saam met Leserskring te kan stap. Doen so voort!
Rita Strydom
Dit is vir my ‘n voorreg om aan Leserskring te behoort.
Alet Jooste
Ek moet u meedeel dat die 25 jaar saam met u voorwaar baie aangename herinneringe vir my inhou en baie genotvolle ure se lees vermaak verskaf het.
PA Theron van Lynnwood Rif
Ek voel oor ‘n boek en ‘n pen soos jy vroeër dae gesê het, soos ‘n kind wat op ‘n winkelstoep sit!
DG Marx van Mosselbaai
Afgesonderd het ons in die Koue Bokkeveld gewoon en was die katalogus die hoogtepunt an elke vakansie. Nou is die kinders groot en koop Ouma alweer vir die kleinkinders. Vir al die vreugde wat Leserskring en die plesierboeke gebring het, baie dankie!
Marieta van der Merwe van Melkbosstrand
Leserskring het deur die jare baie vir my beteken – veral waar ons vêr van alles af gewoon het en nie elke dag in die winkels kon kom nie!
Lokie White van Carnavaron
Baie dankie dat u met waardering dink aan u lede.
Mev L Kleiman van Paulpietersburg
Baie dankie dat julle ou lede beloon of ‘n bietjie bederf. Dit wys seker vir julle dat ons waardeer wat julle so gereeld vir ons opdis en dit wys vir ons ons werk eintlik met mense wat omgee en waardeer.
Dr DW van der Zel van Erasmusrand
Die wye verskeidenheid leestof wat u bied word terdeë geniet.
JES Naude van Lydenburg
Die Leserskring katalogus was nog elke kwartaal ‘n groot hoogtepunt! Baie dankie vir die puik diens!
Maryn de Klerk
Ek is vanaf 1982 lid van Leserskring en het nog net plesier daaruit geput – niks maak my ryker as die besit van ‘n boek nie! Dankie vir die volgehoue vriendelike diens!
E Hanekom van Burgersdorp
Dankie vir Leserskring se vriendelike diens oor die jare – dis altyd lekker om ‘n buwe boek of boeke, te kies.
Esmarie Theron
Baie geluk dat Leserskring net al hoe beter word deur die jare – ons is graag lid en glo saam met julle in die toekoms van die geskrewe woord Gretchen
Ciliers van Ermelo
Ek is trots om al so lank (25 jaar) ‘n lid van Leserskring te wees. Dit is nou nie net ‘n plesier om boeke te bestel nie, die gehalte en waarde vir geld is ook uitnemend.
Dr MCP Nel van Bedfordview
Een van die hoofredes waarom ek vir so lank reeds lid is van Leserskring, is die vriendelikheid van u personeel en die gerief om via die katalogus bestellings te kan plaas. Dit gee my ook geleentheid om kennis te neem van die heel jongste werk wat in die Afrikaanse (en Suid-Afrikaanse Engelse) literêre wêreld gepubliseer word aangesien ek nie altyd die tyd het om in die boekwinkels rond te kyk nie. U vervul ‘n besondere diens in ons samelewing veral om Suid-Afrikaners aan die lees te hou!
Dr EL Basson van Pretoria
Dit is wonderlik om deur al die jare sulke goeie diens van u te kry asook die pragtige boeke, CD’s ens teen soveel goedkoper as die winkels.
Mev M Steyn van Erasmuskloof
Dankie dat daar nog mensies is wat omgee vir ou mense. Julle is pragtig.
Ria
So baie dankie! Ek kan nie wag om die boeke te ontvang nie, As ek geweet het dis so maklik om aan te sluit, sou ek dit al lankal gedoen het.
Karen Seaman
Ek wil net vir julle baie dankie sê vir al julle goeie dienste oor die afgelope jare.
Elaine Snyman van Koue Bokkeveld
Ek moet baie dankie sê vir julle puik diens. Ek is regtig mal oor Leserskring en ek geniet julle web blad verskriklik baie.
Ilze de Villiers
Dankie vir julle puik diens wat ek ervaar het, dankie vir die Afrikaanse-ons-tyd-stories, die stories wat ons geniet het, maar terselfdetyd ook uit geleer het.
Samantha Boehme
Die Klub is uitstekend. Dit is en bly 'n goeie boek-belegging.
A Steyn van Potchefstroom
Ek geniet u boeke, en in besonder die uitstekende diens wat u lewer, al etlike jare. Hoop om nog baie jare van u diens gebruik te maak.
Rina Nortje van Henneman
Ek is 'n "boekleeskoholic".
Sonjia Wolfaardt
Baie dankie vir jul vriendelike diens. Ek geniet Leserskring ontsettend! Behalwe vir die feit dat boeke vir my skatte is, het julle deesdae so 'n groot verskeidenheid produkte dat ek sommer alles vanaf julle bestel. My lojale ondersteuning is dus vir my 'n plesier!
LC Swanepoel
Ek moet jul komplimenteer op die uitleg van jul webwerf. Uitstekend!
Karin Oosthuizen
Dankie vir julle puik diens en buigbaarheid.
Hanrie Oosthuizen



