Kan ek by Leserskring koop sonder om ‘n Klublid te wees?
JA! Leserskring vier hierdie jaar 30 jaar in die boekbesigheid! Ons wil graag hê almal moet deel in ons liefde vir lees, daarom maak ons nou ons boekewêreld ook vir u oop. Word deel van ons boekfamilie sonder dat u by ons Klub hoef aan te sluit. U sal die normale verkoopprys op boeke betaal terwyl ons Klublede steeds die goedkoper Klubprys sal betaal. Word nou 'n boekwurm !
Kan ek op ‘n latere stadium by die Klub aansluit?
As u besluit om by die Klub aan te sluit, gee ons u 50% afslag* op u mandjie as ‘n spesiale aansluitingsaanbod. U kan ook kies uit die normale aansluitingsaanbod van 3 boeke vanaf R15 elk.
Voordele van Leserskring Klublidmaatskap
- Lidmaatskap is gratis
- Tot 20% afslag op die normale verkoopprys van boeke
- ’n Gratis, volkleur katalogus word elke 3 maande aan u gepos
- Opwindende kompetisies met ongelooflike pryse
- Professionele diens van ons Klubkonsultante by 021 469 7575 of 083 915 6060
- U kan vanuit die gerief van u eie huis inkopies doen en Leserskring bied ‘n 100% geldterug-waarborg.
- ’n Gebruikersvriendelike webtuiste met al die beskikbare produkte
- Vir elke nuwe lid wat u werf, kry u ’n gratis geskenk!
Al wat ons van u vra:
- Bestel ten minste een boek teen die afslag Klubprys elke 3 maande
- Bly ten minste vir 2 jaar ’n lid van ons Klub
LESERSKRING BEPALINGS EN VOORWAARDES
| 1. | GEBRUIK VAN WEBWERF | ||||||
| 1.1 | Persone wat die Leserskring-Webwerf (www.leserskring.com) vir enige rede gebruik , onderwerp hulself aan en aanvaar die bepalings en voorwaardes van Leserskring, soos hieronder uiteengesit. | ||||||
| 1.2 | Hierdie webwerf is deur Leserskring, afdeling van MIH Internet Africa (Pty) Ltd (registrasie nommer 2007/014128/07) ge-oporeer. Die doel van hierdie webwerf is om die gebruiker te voorsien van inligting aangaande Leserskring en die produkte/dienste wat aangebied word. | ||||||
| 1.3 | Sonder om van die bogenoemde af te wyk, gee Leserskring hiermee aan die gebruiker toestemming om na die inhoud van die webwerf, hetsy gedeeltelik of in geheel, te kyk, dit te kopieer, af te laai na ‘n plaaslike aandrywer, uit te druk of te versprei, met die veronderstelling dat: | ||||||
| 1.3.1 |
die inhoud slegs vir inligting en/of nie-kommersiële doeleindes gebruik word; en |
||||||
| 1.3.2 |
enige reproduksie van die inhoud van hierdie webwerf, of gedeelte daarvan, die volgende kopieregboodskap moet insluit: ©Leserskring 2006. ALLE REGTE VOORBEHOU. |
||||||
| 1.4 | Gebruikers wat die inhoud van hierdie webwerf vir kommersiële doeleindes wil gebruik, mag dit slegs doen met skriftelike toestemming wat vooraf verkry is | ||||||
| 2 | INTELLEKTUELE EIENDOMSREGTE | ||||||
| 2.1 | Alle inhoud, handelsmerke en data op hierdie webwerf, wat sagteware, databasisse, teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting, en ontwerp insluit, maar nie daartoe beperk is nie, is die eiendom van of gelisensieer aan Leserskring, en word as sodanig teen oortreding en skending beskerm deur plaaslike en internasionale wetgewing en ooreenkomste. Onderhewig aan die regte toegeken aan die gebruiker binne die bogenoemde wetgewing, word alle ander regte tot alle intellektuele eiendom op hierdie webwerf uitdruklik gereserveer. | ||||||
| 3. | LESERSKRING KLUBLIDMAATSKAP | ||||||
| 3.1 | Iemand wat aansoek gedoen het en wat aanvaar is as ‘n lid van Leserskring-Klub (“Klub lid”) stem ooreen dat hy/sy ten minste een item per kwartaal vanuit die relevante Leserskring-hoofkatalogus bestel. Indien die lid nie 'n item teen die sperdatum soos genoem in die relevante hoofkatalogus bestel nie, stem hy/sy ooreen om die kwartaal se Redakteurskeuse te koop en hy/sy sal geag word om ‘n bestelling daarvoor te maak. | ||||||
| 3.2 | Die lid se lidmaatskap sal vir ‘n aanvanklike periode van 24 maande duur, waarna, tensy dit deur die lid gekanseller word, dit outomaties op ‘n maand-tot-maand basis sal voortduur. | ||||||
| 3.3 | Klub lidmaatskap is aan verdere terme en voorwardes onderhewig, soos uiteengesit in die Leserskring Boekklub Lidmaatskap Ooreenkoms. | ||||||
| 4. | NIE-LEDE KLIëNTE | ||||||
| 4.1 | Kliënte wat nie Klublede is nie kan nog steeds produkte van die webblad bestel, maar hulle het nie enige kwartaalikse koop verpligtinge nie en geen Redakteurskeuse-boeke sal aan hulle gestuur word indien hulle nie elke kwartaal bestel nie. | ||||||
| 5. | I NLIGTING WAT BEKEND GEMAAK MOET WORD SOOS VEREIS DEUR SEKSIE 43 VAN DIE ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE- EN TRANSAKSIEWET NO. 25 VAN 2002. | ||||||
| 5.1 | Die volle name en regstatus van die webwerfeienaar is: Leserskring, afdeling van MIH Internet Africa (Pty) Ltd. Reg. Nr.: 2007/014128/07. | ||||||
| 5.2 | Die volle adres van die webwerfeienaar is: 7de vloer, Eleven Adderley, Adderleystraat 11, Kaapstad, 8001 | ||||||
| 5.3 |
Die webadres van hierdie webwerf is: www.leserskring.com |
||||||
| 5.4 | Lidmaatskap van self-regulerende of akkrediterende liggaam: Direct Marketing Association of SA | ||||||
| 5.5 | Gedragskodes waaraan hierdie webwerf homself verbind: geen | ||||||
| 5.6 | Regspersone: O Rippel (direkteur) W Benn (direkteur) | ||||||
| 5.7 |
Fisiese adres vir die ontvangs van regsdiens: |
||||||
| 5.8 |
Primêre sakebedryf: Leserskring is ‘n direkte bemarkingsorganisasie wat ‘n model, gebaseer op verpligting, gebruik om sy kernproduk – boeke – te bemark. |
||||||
| 5.9 | PRYSE | ||||||
| 5.9.1 | Die prys van elke produk word vertoon saam met die produk. By ‘n spesiale geleentheid, soos byvoorbeeld ‘n uitverkoping of spesiale aanbieding, sal die verlaagde prys vertoon word. | ||||||
| 5.9.2 | Tensy anders aangedui, sluit pryse BTW in, maar aflewering en verpakkings kostes uit. Besonderhede van afleweringskostes word in 5.10 uiteengesit. | ||||||
| 5.9.3 | Indien ‘n bestelling die bedrag van R300 oorskry, behou Leserskring hom die reg voor om aflewering van die produkte te weerhou totdat die betaling van ‘n deposito van een derde van die totale bedrag, ontvang is. | ||||||
| 5.10 | POSGELD EN VERPAKKINGSKOSTE | ||||||
| 5.10.1 |
Gewone pos word vir die aflewering van Goedere in Suid-Afrika en Namibië gebruik. Pos-en hanteringskostes word gebaseer op die aantal boeke per bestelling, of in die geval van nie-boek produkte, op grond van die grootte en gewig. |
||||||
| 5.10.2 | Tariewe vir Suid-Afrika: | ||||||
| 5.10.2.1 | Boeke: - 1 Item: R 16.80; 2 Items: R 26.00; 3 Items: R 32.50; 4 items R37.80 meer as 4 items R42.00; Afhaal van pakkies by Mweb Gebou (Parow) en Leserskring Kantore (Kaapstad):R6.50 | ||||||
| 5.10.2.2 |
Kostes vir nie-boekprodukte: - Kostes mag verskil, en sal van die grootte en gewig afhang. |
||||||
| 5.10.3 |
Tariewe vir Namibië: |
||||||
| 5.10.3.1 |
Boeke - 1 Item: R 42.35; 2 Items: R 53.00; 3 Items: R 58.00 meer as 3 items R65 |
||||||
| 5.10.3.2 |
Nie-boekprodukte: - Kostes mag verskil, en sal van die grootte en gewig afhang. |
||||||
| 5.10.4 |
Tariewe vir ander Lande in Afrika (Oor land): |
||||||
| 5.10.4.1 |
Boeke - 1 Item: R 53.90, 2 Items: R 69.00, 3 Items: R 85.00; meer as 3 items R90.00 |
||||||
| 5.10.4.2 |
Nie-boekprodukte: - Kostes mag verskil, en sal van die grootte en gewig afhang. |
||||||
| 5.10.5 | Oorsese lugpos- R 195.00 | ||||||
| 5.10.6 |
Deur-tot-deur-aflewering (Slegs SA lede) – R55.00 |
||||||
| 5.10.7 | Spoedpos (Slegs SA lede) – R45.00 | ||||||
| 5.10.8 | Redakteurskeuse Posgeld: Indien ‘n lid nie ‘n item teen Sperdatum bestel nie, stem hy/sy ooreen om die kwartaal se Redakteurskeuse te koop en R5 ekstra posgeld te betaal. | ||||||
|
LET ASSEBLIEF daarop dat die bedrae wat hierbo uiteengesit is, reflekteer die kostes wat tans geld, maar dat LK die reg behou om sulke kostes van tyd to tyd te verhoog (behalwe dat sulke kostes nie meer as een keer per jaar verhoog sal word nie). |
|||||||
| 5.11 | BELASTING | ||||||
| 5.11.1 |
Alle gekwoteerde pryse sluit BTW in (tans 14%). ‘n Verandering in die BTW-koers sal ‘n outomatiese prysverandering tot gevolg hê. |
||||||
| 5.12 | BETALINGSMETODES | ||||||
| 5.12.1 |
Leserskring bied Klublede ‘n verskeidenheid gerieflike betaalmetodes: |
||||||
| 5.12.1.1 |
Deur Mastercard of Visa kredietkaart . Voltooi die kredietkaartnommer, die verstrykingsdatum, en u handtekening, indien u die kaarthouer is op die betalingsadvies by u faktuur aangeheg is, en pos of faks dit aan LK. |
||||||
| 5.12.1.2 |
Deur Elektroniese Betaling via ATM of die Internet. Maak asseblief seker dat u bank u betaling aan u Lidmaatskapnommer en die volgende bankrekening koppel: ABSA Takkode (RSA Lede): 632005 Rekeningnommer: 0550 153 246 OF Windhoek Bank Takkode (Namibiese Lede): 481972 Rekeningnommer: 8001 091 457. |
||||||
| 5.12.1.3 |
By enige tak van ABSA Bank. Vul die betaalstrokie by u bank in. RSA Lede: Bankrekeningnommer: 0550 153 246 Takkode 632005 (Dui altyd u lidmaatskapnommer as verwysingsnommer op die depositostrokie aan.) |
||||||
| 5.12.1.4 |
By enige tak van Windhoek Bank. Vul die betaalstrokie by u bank in. Namibiese Lede: Bankrekeningnommer: 8001 091 457 Takkode 481972 (Dui altyd u lidmaatskapnommer as verwysingsnommer op die depositostrokie aan.) |
||||||
| 5.12.1.5 |
By u naaste Poskantoor. U kan kontant of per tjek by u plaaslike Poskantoor betaal. Tjeks moet aan die Posmeester betaalbaar wees. Hou u betalingsbewys as bewys van betaling. |
||||||
| 5.12.1.6 |
Deur tjek of posorder . Tjeks moet asseblief gekruis en aan LESERSKRING betaalbaar gemaak word. Skryf u lidmaatskapnommer op die agterkant en sluit u betalingsadvies by u betaling in. |
||||||
| 5.12.2 |
Leserskring bied nie-Klublede die volgende betaalmetodes: |
||||||
| 5.12.2.1 | Deur Mastercard of Visa kredietkaart . | ||||||
| 5.12.2.2 |
By enige tak van ABSA Bank en Deur Elektroniese Betaling via ATM of die Internet. Jy kan ‘n depositostrokie by enige tak van ABSA Bank invul of ‘n elektroniese betaling via ATM of die Internet maak. Maak egter seker dat jou bank jou betaling met jou ID nommer en die volgende bankrekening skakel: |
||||||
| 5.12.3 | Betalingsekuriteit: Alle kredietkaarttransaksies word met ‘n “Secure Socket Layers”-inkripsie beveilig. Die maatskappy se registrasiedokumente en die webwerf se geregistreerde domeinnaam is deur Thawte gekontroleer en geverifieer. |
||||||
| 5.13 | REKORD VAN TRANSAKSIES | ||||||
| 5.13.1 | Lede sal ‘n faktuur per pos ontvang. Fakture (met ‘n 48-uur vertraging) kan op Leserskring se webwerf gesien word. | ||||||
| 6 | BESTELLINGS OP DIE WEBWERF | ||||||
| 6.1 | Die plasing van ‘n item in die mandjie of byvoeging daarvan in die wenslys sonder om die koopsiklus te voltooi, sal nie: | ||||||
| 6.1.1 | ‘n bestelling of ooreenkoms met LESERKRING konstitueer nie, Leserkring kan die produk van die mandjie of wenslys verwyder as vooraad onbeskikbaar word en gebruikers kan dus nie vir Leserskring verantwoordelik hou as sulke items nie beskikbaar is wanneer die koopsiklus wel later voltooi word nie; en/of | ||||||
| 6.2 | Leserskring behou hom die reg voor, om vermoede bedrog te verhoed en op kennisgewing, om te weier om ‘n bestelling te aanvaar en/of ‘n transaksie gedeeltelik of in geheel te kanselleer. Leserskring sal slegs verantwoordelik wees vir die terugbetaling van gelde wat reeds deur die gebruiker betaal is en anvaar geen ander verandwoordelikheid wat mag onstaan as gevolg van sulke weiering om ‘n bestelling/verkoop uit te voer. | ||||||
| 6.3 | Aflewering: As ‘n produk nie binne die gespesifeerde tydperk afgelewer is nie, dan mag jy die transaksie kanseller om deur 7 dae kennisgewing vir Leserskring te gee. | ||||||
| 6.4 | Afkoelperiode: Jy het die reg onder die Elektroniese Kommunikasie en Transaksie Wet No. 25 van 2002, behalwe vir sekere uitsonderinge en onderhewig aan sekere kostes, om goedere of dienste wat jy by hierdie webwerf gekoop het, binne 7 dae terug te stuur en ‘n volle terugbetaling te ontvang. Hierdie reg sluit egter nie, onder andere, die volgende goedere en/of dienste in nie: | ||||||
| 6.4.1 | waar die seël van oudio- en video-opnames (ie DVD’s of CD’s) of rekenaarsagteware deur die verbruiker gebreek is; | ||||||
| 6.4.2 | vir die verkope van koerante, vaktydskrifte, boeke of tydskrifte; | ||||||
| 6.5 | Deur die webwerf te gebruik of elektronies met Leserskring te kommunikeer, stem die gebruiker in dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, onthullings, of enige ander kommunikasie voldoen aan enige wetlike voorwaardes. Dit sluit in dat, maar is nie beperk tot, die voorwaarde dat sodanige kommunikasie in ‘n “geskrewe” vorm moet wees nie. | ||||||
| 7 | VERANDERINGS EN WYSIGINGS | ||||||
| 7.1 | Veranderinge aan webwerf inhoud: Leserskring behou hom uitdruklik die reg voor om, met alleen en absolute diskresie en sonder vooraf kennisgewing, die aantal produkte en/of dienste op die webwerf te verander. | ||||||
| 7.2 | Veranderinge aan pryse: Leserskring behou hom die reg voor om sonder vooraf kennisgewing, die pryse en tariewe op hierdie webwerf te verander (behalwe dat Leserskring nie geregtig is om pryse van produkte waarvoor bestellings alreeds geplaas is te verander nie). | ||||||
| 7.3 | Veranderinge aan die Terme en Voorwaardes: Leserskring mag hierde terme en voorwardes enige tyd verander. Geregistreerde kliente, insluitend Klublede, sal kennisgewing kry daarvan en moet seker maak dat hulle sulke veranderinge lees en daarmee saamstem. As hulle nie met die veranderinge saamstem nie, dan is hulle geregtig om hul registrasie of Klublidmaatskap to termineer. | ||||||
| 7.4 |
Die gebruiker onderneem om die Leserskring-webwerf gereeld te besoek en om hulself te vergewis van die veranderings en/of wysigings van die inligting op die webwerf. |
||||||
| 8 | PRIVAATHEIDSBELEID | ||||||
| 8.1 |
Leserskring beskerm die privaatheid van die gebruiker: |
||||||
| 8.1.1 | Geen persoonlike inligting sal aan derde party gegee word sonder die gebruiker se toestemming nie. | ||||||
| 8.2 | Leserskring versamel en sal in besit wees van die volgende private en persoonlike inligting: |
||||||
| 8.2.1 | Inligting wat vrywillig deur die gebruiker verskaf word - hierdie inligting word gebruik om ‘n beter diens aan gebruikers te verskaf; | ||||||
| 8.2.2 | Inligting wat outomaties verskaf word (bv. “cookies”) – hierdie inligting word versamel om jou rondsnuffel en interaksie op Leserskring se webwerf te verbeter. “Cookies” kan nie jou rekenaar beskadig of virusse oordra nie; en | ||||||
| 8.3 | Deur die webwerf te gebruik, stem die gebruiker tot die volgende in: | ||||||
| 8.3.1 |
Leserskring mag jou persoonlike inligting gebruik om van tyd tot tyd met die gebruiker te kommunikeer. Gebruikers mag aandui as hulle nie sodanige korrespondensie wil ontvang nie; en |
||||||
| 8.3.2 |
Leserskring mag die gebruiker se inligting gebruik vir nie-persoonlike statistiese doeleindes. |
||||||
| 8.3.3 |
Leserskring behou die reg op kopiereg van persoonlike inligting van gebruikers in databasisse. |
||||||
| 9 | SKAKELING EN RAMING | ||||||
| 9.1 | Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, sake-onderneming, eenheid of webwerf met enige bladsy (dit sluit die tuisblad in) op hierdie webwerf skakel sonder dat Leserskring vooraf skriftelike toestemming verleen het. | ||||||
| 9.2 |
Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, sake-onderneming, eenheid of webwerf enige bladsy (dit sluit die tuisblad in) van hierdie webwerf op enige manier raam sonder dat Leserskring vooraf skriftelike toestemming verleen het. |
||||||
| 10 | OOREENKOMSTE IN TERME VAN SEKSIE 21 VAN DIE ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE- EN TRANSAKSIESWET | ||||||
| 10.1 | Geen inligting of data op hierdie webwerf is ‘n aanbod nie, maar slegs ‘n uitnodiging om sake te doen. | ||||||
| 10.2 |
Geen ooreenkomste sal gesluit word deur slegs ‘n databoodskap na hierdie webwerf of sy eienaars te stuur nie. Geldige ooreenkomste vereis ‘n erkenning van ontvangs van hierdie webwerf. |
||||||
| 11 | SOEKTEGNOLOGIE | ||||||
| 11.1 | Die gebruik van nie-kwaadwillige soektegnologie, soos “web-crawlers” of “web-spiders” om inligting te soek en in te win, word nie toegelaat, indien sodanige tegnologie die webwerf se webbediener stadiger maak of kopiereg oortredings van enige data of inligting beskikbaar op hierdie webwerf veroorsaak, nie. Data en inligting kan slegs in ooreenkoms met seksies 5 en 8 van hierdie dokumente gebruik word. | ||||||
| 12 | SKAKELING MET DERDE PARTY-WEBWERWE | ||||||
| 12.1 | Leserskring verskaf skakels vir die gebruiker slegs vir die gerief van die gebruiker en die insluiting van ‘n skakel beteken nie noodwendig dat Leserskring die webwerf steun nie. | ||||||
| 12.2 |
Webwerwe of webbladsye waarmee geskakel word, is nie onderhewig aan kontrole deur Leserskring nie. Leserskring sal nie verantwoordelik gehou word, op ‘n direkte of indirekte manier, vir inhoud, gebruik of onvermoë om enige geskakelde webwerf of enige skakels in die geskakelde webwerf, te gebruik of om geen toegang daartoe te verkry nie. |
||||||
| 13 | VEILIGHEID VAN INLIGTING | ||||||
| 13.1 | Alle moontlike maatreëls sal getref word om seker te maak dat ‘n gebruiker se inligting veilig is. | ||||||
| 13.2 | Gebruikers onderneem om nie hul gebruikersnaam of wagwoord aan enige ander persoon bekend te maak nie. | ||||||
| 13.3 | Dit word uitdruklik verbied dat enige persoon, sake-onderneming, of eenheid ongemagtige toegang tot enige bladye van die webwerf verkry, of dat daar probeer word om enige ongemagtigde, afbrekende of negatiewe kodes op die webwerf af te laai. Enige persoon wat probeer om ongemagtigde, afbrekende en negatiewe kodes op die webwerf laai, of ongemagtigde toegang te verkry tot die webwerf, sal krimineel aanspreeklik gehou word. En waar Leserskring enige verliese of skade lei, sal siviele skadevergoeding van die betrokke party geëis word. | ||||||
| 14 | BEWYS VAN AFSTAND (“DISCLAIMER”) | ||||||
| 14.1 | Onderhewig aan die bepalings van die Wet op die Beskerming van Verbruikers 68 of 2008 (“CPA”) en seksies 43(5) and 43(6) van die Elektroniese Kommunikasie- en Transaksieswet: Leserskring is nie verantwoordelik vir enige verliese, skade of aanspreeklikheid van enige aard wat ontstaan as gevolg van die gebruik of onvermoë om die webwerf of die dienste of inhoud op die webwerf te gebruik nie. Verder maak Leserskring geen voorstellings of waarborge, implisiet of anders, dat die inhoud en tegnologie op hierdie webwerf, foutloos of sonder weglatings is nie of dat die diens 100% ononderbreekbaar en foutloos is nie. | ||||||
| 14.2 |
Alhoewel die produkte te koop op die webwerf onder waarborg mag wees, hierdie webwerf self word op ‘n voetstoots, “as is”-basis aangebied en is nie saamgestel om aan die gebruiker se individuele vereistes te voldoen nie. Dit is dus die verantwoordelikheid van die gebruiker om, voordat hy hierdie ooreenkoms met Leserskring sluit, seker te maak dat hy/sy tevrede is dat die dienste beskikbaar by hierdie webwerf aan sy/haar individuele vereistes voldoen en dat sy/haar hardeware en/of sagteware versoenbaar is. |
||||||
| 14.3 | Inligting, idees en opinies wat op die webwerf uitgespreek word, moet nie as professionele raad of die amptelike opinie van Leserskring aanvaar word nie, en gebruikers word aangemoedig om professionele raad te kry voordat hulle tot enige aksies, gebaseer op die inligting, idees en opinies van hierdie webwerf, oorgaan. | ||||||
| 15 | SKEIBAARHEID | ||||||
| 15.1 | Hierdie Bepalings en Voorwaardes van Gebruik vorm die volledige ooreenkoms tussen Leserskring en jou, die gebruiker van hierdie webwerf. Enige versuiming vanuit Leserskring-geledere om enige reg of bepaling van hierdie Bepalings en Voorwaardes van Gebruik te beoefen of toe te pas, sal onder geen omstandighede kwytskelding van enige reg of bepaling beteken nie. | ||||||
| 15.2 | In die geval van ‘n insident waar enige bepaling of voorwaarde vir die gebruik van hierdie webwerf nie ten volle uitvoerbaar of geldig is nie, sal sodanige bepaling(s)of voorwaarde(s) skeibaar wees van die oorblywende bepalings en voorwaardes. Die oorblywende bepalings en voorwaardes sal nie deur onuitvoerbaarheid of ongeldigheid geaffekteer word nie en sal nog steeds uitvoerbaar en geldig wees. | ||||||
| 16 |
TOEPASLIKE EN BEHERENDE WETGEWING |
||||||
| 16.1 | Onderworpe aan klousule 15, word hierdie webwerf aangebied (ge-“host”), gekontrolleer en bedryf vanuit die Republiek van Suid Afrika, en dus word die gebruik of onvermoë om hierdie webwerf en die bepalings en voorwaardes daarvan te gebruik, deur die Suid-Afrikaanse Wet bepaal. | ||||||
| 17 | GESKILLE | ||||||
| 17.1 | In die geval van ‘n geskil wat ontstaan tussen die partye aangaande enige aangeleentheid waarvoor gesorg is, of wat ontstaan uit hierdie ooreenkoms, en nie opgelos kan word deur die Departement van Klanteverhoudings van Leserkring nie, sal sodanige geskil voorgelê word vir konfidensiële arbitrasie in terme van die bepalings van die bevorderende reëls van die Stigting van Arbitrasie van Suid-Afrika. | ||||||
| 18 | KONTAKINLIGTING / DOMCILIUM CITANDI ET EXECUTANDI | ||||||
| 18.1 |
Indien jy enige vrae, of navrae het of toestemming wil vra om enige deel van hierdie webwerf, hetsy skakeling, raming, of die soekfasiliteit te gebruik, kontak ons asseblief by:
Kontaksentrum telefoonnommers : 021 469 7575 of 083 915 6060 Faksnommer: 021 469 7576 |
||||||
LESERSKRING LIDMAATSKAPOOREENKOMS
| 1. | REGTENS BINDENDE KONTRAK | ||||||
| 1.1 | Hierdie Leserskring Boekklub Lidmaatskapooreenkoms (“Ooreenkoms”) is 'n ooreenkoms tussen Leserskring, 'n afdeling van MIH Internet Africa (Edms) Bpk, registrasienommer 2007/014128/07 (“LK”) en elkeen wie se aansoek vir Leserskring lidmaatskap deur LK aanvaar word (“Lid” of “u”). | ||||||
| 1.2 | Hierdie Ooreenkoms beheer u lidmaatskap van die Leserskring Boekklub (“Klub”) wat deur LK besit en bedryf word. Sodanige lidmaatskap maak u geregtig om 'n wye omvang van boeke en ander produkte teen afslag pryse te koop, deur dit vanaf LK te bestel vir aflewering by u gekose adres, maar in ruil daarvoor (en om dit vir LK moontlik te maak om sodanige afslag pryse aan sy lede aan te bied), word verpligtinge op u geplaas om minimum kwartaallikse aankope oor 'n 24 maande periode te maak. | ||||||
| 1.3 | Maak asseblief seker dat u al die bepalings van hierdie Ooreenkoms noukeurig lees. Indien u tot enige bepaling van die Ooreenkoms nie ooreenkom nie, moet u nie voortgaan om vir lidmaatskap van Leserskring aansoek te doen nie. Deur vir lidmaatskap van Leserskring aansoek te doen, word u geag om hierdie Ooreenkoms te gelees het en tot al die Ooreenkoms se bepalings en voorwaardes ooreen te kom. | ||||||
| 2 | KWALIFIKASIE VIR LIDMAATSKAP | ||||||
| 2.1 | Om te kwalifiseer om by die Klub aan te sluit, moet u 18 jaar of ouer en 'n inwoner in Suid-Afrika of Namibië wees. | ||||||
| 2.2 | LK is geregtig om in sy uitsluitlike diskresie enige aansoek vir lidmaatskap te aanvaar of van die hand te wys, gebaseer op sy standaard kriteria vir Klub-lidmaatskap, insluitend kredietwaardigheid. Om u kredietwaardigheid te bepaal, kom u ooreen dat LK 'n gelisensieerde kredietkontrolerings agentskap mag raadpleeg. | ||||||
| 3. | TYDSDUUR | ||||||
| 3.1 | Hierdie Ooreenkoms, en dus u lidmaatskap tot die Klub, begin sodra LK u in kennis stel dat u aansoek vir lidmaatskap aanvaar is . | ||||||
| 3.2 | Intreedatum: U Intreedatum is die datum waarop jy amptelik as n Leserskringlid geregistreer is en dit dui aan wanneer u, u eerste item moet bestel om u kwartaallikse verpligting na te kom. | ||||||
| 3.3 | Tydsduur: Onderhewig aan vroeëre beëindiging ingevolge 12 hieronder, duur hierdie Ooreenkoms voort, vanaf die Intreedatum, vir 'n aanvanklike vasgestelde periode van 24 maande (“Aanvanklike Periode”), waarna , tensy – | ||||||
| 3.3.1 | dit by ooreenkoms tussen u en LK hernu word; of | ||||||
| 3.3.2 | aan die einde van die Aanvanklike Periode deur skriftelike kennisgewing deur u aan LK beeïndig word, dit outomaties op 'n maand-tot-maand basis voortduur (wat beteken dat of u of LK geregtig is om dit ten enige tyd met een maand skriftelike kennisgewing te beëindig). | ||||||
| 4. | BEKENDSTELLINGSAANBIEDINGE | ||||||
Tot die mate wat LK 'n spesiale bekendstellingsaanbod aan u maak wanneer u vir Klub lidmaatskap aansoek doen (hetsy vir afslag- of gratis boeke of ander produkte), neem asseblief kennis dat die afslag of voordeel so aangebied aan u toegestaan word op die basis van u 24 maande lidmaatskap verbintenis, op die bepalings en voorwaardes wat in hierdie Ooreenkoms uiteengesit is. Indien u gevolglik enige sodanige aanbod aanvaar het en u lidmaatskap dan vroeg beëindig word (d.i. voor die verstryking van sodanige Aanvanklike Periode), behou LK die reg voor om 'n redelike kansellasieboete op te lê met inagneming van die voordele/afslag wat u alreeds ontvang het. |
|||||||
| 5. | KWARTAALLIKSE BOEKKLUB KATALOGUSSE & BESKIKBAARHEID VAN VOORRAAD | ||||||
| 5.1 | As lid sal dit vir u moontlik wees om afslagprodukte te koop soos aangebied in LK se "Klubkatalogus" (“Katalogus”), wat elke 3 maande vir die periodes Januarie tot Maart, April tot Junie, Julie tot September en Oktober tot Desember (elkeen van die voorgaande word hierna verwys as 'n “Kwartaal”), gepubliseer word. | ||||||
| 5.2 | Sodanige Kwartaallikse Katalogus is op die webwerf www.leserskring.com (“Webwerf”) beskikbaar, maar sal ook aan u gepos word. | ||||||
| 5.3 | Die items wat in die Katalogus, of in enige ander advertensiemateriaal of katalogusse aangebied word en wat u as 'n lid van LK ontvang, is aan beskikbaarheid onderhewig en word gewoonlik vir 'n beperkte periode aangebied. LK neem redelike stappe om te verseker dat die aanbiedinge gestaak word wanneer voorraad nie langer beskikbaar is nie. Indien dit egter nie vir LK moontlik is om enige bestelling wat geplaas is te vervul nie vanweë voorraad wat uitverkoop is, sal LK u daarvan in kennis stel en sal u geregtig wees op 'n terugbetaling van die bedrag wat deur u vir sodanige produk betaal is. |
||||||
| 6 | VERPLIGTING OM GEREELD BOEKE TE BESTEL | ||||||
| 6.1 | Minimum Bestellings : U kom ooreen om ten minste een boek of ander item elke Kwartaal (d.i. elke 3 maande) vanuit die betrokke Klub Katalogus te bestel. | ||||||
| 6.2 | Sperdatum vir bestellings: Daar word van Klublede vereis om die item van hul keuse voor die Kwartaallikse sperdatum, wat prominent in die betrokke Kwartaallikse KlubKatalogus voorkom, te bestel. Die volgende Datums is vir die vier Kwartale van toepassing: 1 ste Kwartaal (Jan-Mrt) : 25 Februarie 2 de Kwartaal (April – Jun) : 25 Mei 3 de Kwartaal (Jul – Sept) : 25 Augustus 4 de Kwartaal: (Okt – Des) : 10 November Indien u versuim om voor die betrokke Kwartaal se sperdatum vanuit die Katalogus te bestel, kom u ooreen om die Redakteurskeuse (synde 'n boek wat spesifiek vir die Kwartaal deur LK se Boekverkiesingspaneel vir sy uitstaande belangstelling en populêre aantrekkingskrag uitgekies is) te koop, welke boek prominent in die betrokke KlubKatalogus aangetoon word. Indien u gevolglik sou versuim om 'n bestelling teen die Sperdatum te plaas, word u geag om die Redakteurskeuse te bestel en sal daar outomaties vir u 'n rekening daarvoor gestuur word en sal u dienooreenkomstig lewering daarvan ontvang. |
||||||
| 6.3 | Neem asseblief kennis dat ofskoon LK ook van tyd tot tyd ander katalogusse of spesiale aanbiedinge mag publiseer of aan u mag stuur, insluitend die ‘Plus Katalogus’ (“Ander Aanbiedinge/Katalogusse”) – | ||||||
| 6.3.1 | word u nie verplig om enige iets vanuit sodanige Ander Aanbiedinge/Katalogusse te bestel nie; en | ||||||
| 6.3.2 | indien u iets vanuit sodanige Ander Aanbiedinge/Katalogusse bestel, sodanige Ander Aanbiedinge/Katalogusse NIE tel tot die kwartaallikse bestellings wat u ingevolge hierdie Ooreenkoms vanuit die Klub Katalogus moet bestel nie. | ||||||
| 7 | BEDRAE DEUR U BETAALBAAR | ||||||
| 7.1 | Kooppryse: | ||||||
| 7.1.1 | Wanneer na die prys van produkte in die Katalogus of ander promosiemateriaal verwys word, (a) is die “Voorgestelde Verkoopprys of “VVP” die prys wat deur die uitgewer aanbeveel word en wat in die meeste boekwinkels of ander kleinhandelaars betaalbaar is; en (b) die “Klubprys” is die prys waarteen 'n produk elke Kwartaal in die Katalogus aangebied word en wat tot 30% minder as die VVP mag wees. | ||||||
| 7.1.2 | Die Welkomaanbodprys is die prys waarteen 'n boek in enige bekendstellingsaanbod voorkom en is 'n eenmalige spesiale afgemerkte prys wat LK aan 'n lid aanbied wanneer hy of sy aansluit. Dit is altyd laer as die Klubprys en die VVP. | ||||||
| 7.1.3 | Die pryse van produkte anders as boeke wat in die Katalogus en ander promosies voorkom word ook na verwys as die “Klubprys”. | ||||||
| 7.1.4 | Die prys word met die item bestelnommer vertoon. In die geval van 'n uitverkoping of spesiale aanbieding, word die uitverkopings- of afgemerkte prys vertoon. | ||||||
| 7.2 | Posgeld & Verpakkingskoste:
Gewone pos word vir die aflewering van Goedere in Suid-Afrika en Namibië gebruik. Pos-en hanteringskostes word gebaseer op die aantal boeke per bestelling, of in die geval van nie-boek produkte, op grond van die grootte en gewig. Tariewe vir Suid-Afrika: Boeke: - 1 Item: R 16.80; 2 Items: R 26.00; 3 Items: R 32.50; 4 items R37.80 meer as 4 items R42.00; Afhaal van pakkies by Mweb Gebou (Parow) en Leserskring Kantore (Kaapstad): R6.50 Kostes vir nie-boekprodukte: - Kostes mag verskil, en sal van die grootte en gewig afhang. Tariewe vir Namibië: Boeke - 1 Item: R 42.35; 2 Items: R 53.00; 3 Items: R 58.00 meer as 3 items R65 Nie-boekprodukte: - Kostes mag verskil, en sal van die grootte en gewig afhang. Tariewe vir ander Lande in Afrika (Oor land): Boeke - 1 Item: R 53.90, 2 Items: R 69.00, 3 Items: R 85.00; meer as 3 items R90.00 Nie-boekprodukte: - Kostes mag verskil, en sal van die grootte en gewig afhang. Oorsese lugpos- R 195.00 Deur-tot-deur-aflewering (Slegs SA lede) – R55.00 Spoedpos (Slegs SA lede) – R45.00 Redakteurskeuse Posgeld: Indien ‘n lid nie ‘n item teen Sperdatum bestel nie, stem hy/sy ooreen om die kwartaal se Redakteurskeuse te koop en R5 ekstra posgeld te betaal. LET ASSEBLIEF daarop dat die bedrae wat hierbo uiteengesit is, reflekteer die kostes wat tans geld, maar dat LK die reg behou om sulke kostes van tyd to tyd te verhoog (behalwe dat sulke kostes nie meer as een keer per jaar verhoog sal word nie). |
||||||
| 7.3 | Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW): Vertoonde pryse sluit BTW (huidiglik 14%) in. 'n Verandering in die BTW-tarief sal 'n outomatiese prysaanpassing tot gevolg hê. |
||||||
| 8 | BETALING | ||||||
| 8.1 | Betaaldag : Betaling is binne 30 dae nadat die bestelling verwerk is. |
||||||
| 8.2 | Metodes vir betaling : U kan op enige van die volgende maniere betaal: |
||||||
| 8.2.1 | Deur Mastercard of Visa kredietkaart. Voltooi die kredietkaartnommer, die verstrykingsdatum, en u handtekening, indien u die kaarthouer is op die betalingsadvies by u faktuur aangeheg is, en pos of faks dit aan LK. |
||||||
| 8.2.2 | Deur Elektroniese Betaling via ATM of die Internet. Maak asseblief seker dat u bank u betaling aan u Lidmaatskapnommer en die volgende bankrekening koppel: (RSA Lede) ABSA Rekeningnommer: 0550 153 246, Takkode: 632005 OF (Namibiese Lede) Windhoek Bank Rekeningnommer: 8001 091 457, Takkode : 481972. |
||||||
| 8.2.3 | By enige tak van ABSA Bank. Vul die betaalstrokie by u bank in. RSA Lede: Bankrekeningnommer: 0550 153 246 Takkode 632005 (Dui altyd u lidmaatskapnommer as verwysingsnommer op die depositostrokie aan.) |
||||||
| 8.2.4 | By enige tak van Windhoek Bank. Vul die betaalstrokie by u bank in. Namibiese Lede: Bankrekeningnommer: 8001 091 457 Takkode 481972 (Dui altyd u lidmaatskapnommer as verwysingsnommer op die depositostrokie aan.) |
||||||
| 8.2.5 | By u naaste Poskantoor. U kan kontant of per tjek by u plaaslike Poskantoor betaal. Tjeks moet aan die Posmeester betaalbaar wees. Hou u betalingsbewys as bewys van betaling. |
||||||
| 8.2.6 | Deur tjek of posorder. Tjeks moet asseblief gekruis en aan LESERSKRING betaalbaar gemaak word. Skryf u lidmaatskapnommer op die agterkant en sluit u betalingsadvies by u betaling in. |
||||||
| 8.3 | Betalingsverstek : Indien u versuim om enige bedrag wat op die dag waarop betaling uitstaande is, te betaal, sonder benadeling van enige van LK se regte onder hierdie Ooreenkoms of regtens, is LK geregtig om rente op die uitstaande bedrae teen die primakoers plus 2% op die bedrae te hef, totdat dit ten volle betaal is. Indien u voortgaan om te versuim om enige verskuldigde bedrag te betaal ten spyte daarvan dat LK aan u meer as een aanmaning gestuur het om sodanige bedrag te betaal, mag u besonderhede aan 'n skuldinvorderingsagentskap oorhandig word om die verskuldigde bedrag in te vorder en mag u vir enige verdere koste wat so aangegaan word in 'n poging om u verpligting om te betaal af te dwing, aanspreeklik wees. | ||||||
| 9 | AFLEWERING | ||||||
| 9.1 | Afleweringsadres : Tensy u op ander afleweringsreëlings met LK ooreenkom, word bestellings afgelewer aan die poskantoor (Suid-Afrikaanse Poskantoor, of 'n herposdiens in Namibië) wat die naaste is aan die afleweringsadres wat LK vir u op rekord het. Sou u adres verander, moet u LK stiptelik daarvan in kennis stel om aflewering aan 'n foutiewe adres te voorkom. LK sal nie aanspreeklik wees vir aflewering aan u ou adres indien u LK nie sodanig in kennis gestel het nie. | ||||||
| 9.2 | Afleweringstyd : LK sal die produkte wat deur u bestel is binne ongeveer 20 werksdae vanaf ontvangs van die bestelling aflewer as die bestelling met gewone pos gestuur is.
Spoedpos (RSA) sal ongeveer 5 dae neem vanaf ontvangs van die bestelling. Koerier (RSA) sal ongeveer ses dae neem vir die hoofstreke, 8 dae vir streeksgebiede en 10 dae vir plattelandse en verafgeleë gebiede. |
||||||
| 9.3 | Uit-voorraad situasies: Indien enige item(s) wat u bestel tydelik uit voorraad is en dit tot gevolg het dat dit nie vir LK moontlik is om dit tydig aan u te lewer nie, sal LK u daarvan in kennis stel en is u geregtig om óf vir die volgende besending te wag (sonder dat dit nodig is om weer te bestel), óf sodanige bestelling te kanselleer en 'n terugbetaling te verkry (indien u alreeds betaal het). Indien die item permanent uit voorraad geraak het, sal u bestelling gekanselleer word en indien u alreeds betaal het, mag u óf 'n terugbetaling verkry, of 'n krediet van u rekening versoek wat tot u volgende bestelling aangewend mag word, óf 'n alternatiewe item bestel. | ||||||
| 10 | TERUGBETALINGSBELEID | ||||||
| 10.1 | Algemene reg tot teruggawe : Indien u om welke rede ookal nie ten volle tevrede is met die produk wat aan u gelewer is nie, is u as 'n Klublid geregtig om sodanige produk terug te besorg vir 'n vervangingsproduk of 'n volle terugbetaling (waar u alreeds betaal het), met dien verstande dat: | ||||||
| 10.1.1 | U die produk binne 14 dae nadat dit aan u gelewer is moet terugbesorg; | ||||||
10.1.2 |
Die produk onbeskadig, ongebruik en in sy oorspronklike verpakking moet wees; | ||||||
| 10.1.3 | U steeds aanspreeklik is vir die koste van terugbesorging van sodanige produk aan LK; en | ||||||
| 10.1.4 | Enige sodanige terugbesorging nie afbreuk doen aan u verpligting om ten minste een produk per Kwartaal vanuit die betrokke Katalogus te bestel en te hou nie. | ||||||
| 10.2 | Defektiewe, beskadigde & ongepaste Produkte: Indien enige produk wat u ontvang defektief, beskadig of ongepas is vir die doel waarvoor dit normaalweg bedoel is (d.i. die produk het 'n ‘Probleem’), is u geregtig om die produk terug te besorg (op LK se onkoste) vir, op u keuse, 'n volle terugbetaling of vervanging/herstel, MET DIEN VERSTANDE dat die Problematiese produk binne 6 maande van aflewering daarvan aan u, terugbesorg word. Let asseblief in dié verband daarop dat: | ||||||
| 10.2.1 | 'n ‘defek’ nie iets is wat uit normale slytasie voorspruit nie; | ||||||
| 10.2.2 | ‘beskadig’ beteken dat die produk beskadig moet wees wanneer u dit ontvang en nie deur u of enigeiemand anders wat dit ontvang het beskadig is nie; | ||||||
| 10.2.3 | 'n boek is nie ‘ongepas’ gebaseer op die aard van die inhoud, óf of u die boek geniet het of nie; en | ||||||
| 10.2.4 | LK of LK se verskaffer sal die terugbesorgde produk ondersoek om vas te stel of die beweerde Probleem inderdaad geregverdig is of nie en indien nie, sal u aanspreeklik wees vir die onkoste van terugbesorging aan LK vir inspeksie en heraflewering aan u. Gevolglik, spoor ons u aan om enige Probleme wat u ontdek stiptelik nadat u dit ontdek het aan ons te rapporteer. | ||||||
| 11 | SPESIALE PROMOSIEAANBIEDINGE & KOMPETISIES | ||||||
| 11.1 | Algemeen: LK mag van tyd tot tyd 'n verskydenheid van promosieaanbiedinge en/of kompetisies onderneem wat alle, of sekere, Klublede geregtig is om aan deel te neem. In hierdie verband erken en kom u ooreen dat: | ||||||
| 11.1.1 | weens die kostebesparings wat gepaard gaan met die onderneming van promosie-aktiwiteite via die internet in plaas van via die pos of ander mediums, sekere promosies/kompetisies alleenlik deur die Webwerf en/of epos onderneem mag word, en dus slegs aan daardie lede wat ons Webwerf besoek of wat LK van 'n epos adres verskaf het, bemark mag word; | ||||||
| 11.1.2 | die Klub is onderskeidelik van en afsonderlik tot die ‘Leisure Books’ klub ('n eenderse klub wat op Engelssprekende persone gemik is) en gevolglik is promosies/kompetisies of produkte wat aan ‘Leisure Books’ klublede aangebied word nie op die Klub van toepassing nie en is u nie uit hoofde van u lidmaatskap tot die Klub daartoe geregtig nie; | ||||||
| 11.2 | Bonusboeke: 'n Aantal boeke in elke Katalogus is as “Bonusboeke” gemerk. Hierdie boeke word teen ekstra afslae bo en behalwe die gewone Klub afslae op die VVP aangebied. Hierdie bykomende afslae word as 'n voordeel aangebied aan lede wat vir 24 maande of meer in die Klub is en wat alreeds een ander item vanuit die Katalogus bestel het. Dit is LK se manier om aan langstaande lede dankie te sê. | ||||||
| 11.3 | Boekbeloning: Die Boekbeloning promosie beloon lede wat gereeld koop. Die aanbod is aan lede wat 6 boeke vanuit die Klub Katalogus binne 'n 6 maande periode koop. Wanneer die lid hierdie voorwaarde vervul kwalifiseer hy/sy om 'n gratis boek vanuit 'n voorafbepaalde versameling van boeke te kies, met dien verstande dat die kwalifiserende lid sodanige beloning binne 3 maande nadat daarvoor gekwalifiseer word, opeis. | ||||||
| 11.4 | Kompetisies: Lede mag kies om aan enige van die gelukkige trekking kompetisies wat in die Katalogusse, andersins op die Webwerf of as deel van enige ander promosie aanbieding, gepubliseer word. Die spesifieke inskrywingsvereistes en bepalings en voorwaardes van die kompetisie kom langs die kompetisiebesonderhede voor. | ||||||
| 12 | BEËINDIGING | ||||||
| 12.1 | U Beperkte reg om vroeër te beëindig : U is geregtig om hierdie Ooreenkoms, en dus u Klub lidmaatskap, by skriftelike kennisgewing aan LK te beeïndig MET DIEN VERSTANDE DAT u enige produkte wat u alreeds vanaf LK uit hoofde van hierdie Ooreenkoms ontvang het terugbesorg (insluitend die bekendstellingsaanbod produkte, indien van toepassing) ongebruik, onbeskadig en in die oorspronklike verpakking, binne 14 dae nadat u aflewering daarvan ontvang (“Vroeëre Beëindigingsperiode”). Let daarop dat u vir die koste van terugbesorging van sodanige produkte aanspreeklik sal wees. Onderhewig aan die Vroeëre Beëindigingsperiode, verbind u uself tot die 24 maande Aanvanklike Periode en gevolglik, indien u verlang om, vir enige rede, die Ooreenkoms na die Vroeëre Beëindigingsperiode maar voor die verstryking van die Aanvanklike Periode te beëindig, mag u aanspreeklik wees om 'n redelike kansellasieboete/s te betaal. | ||||||
| 12.2 | Beëindiging vir Kontrakbreuk: Indien óf u óf LK (“versuimende party”) versuim om enige van sy verpligtinge onder hierdie Ooreenkoms na te kom, en versuim om sodanige kontrakbreuk 14 dae nadat die ander van ons (“onskuldige party”) die versuimende party skriftelik daarvan in kennis gestel het, is die onskuldige party geregtig, sonder benadeling van sy ander regte onder hierdie Ooreenkoms of ingevolge die reg, om die betrokke bestelling en/of hierdie Ooreenkoms in sy geheel (en in die latere geval, daarby beëindiging u Klub lidmaatskap) en om enige skadevergoeding te eis wat gelei is as gevolg van sodanige kontrakbreuk. | ||||||
| 12.3 | Indien hierdie Ooreenkoms (en dus u Klub lidmaatskap) vir enige rede beëindig word, bly u aanspreeklik vir enige bedrag wat dan aan LK verskuldig is ten opsigte van produkte wat alreeds deur u gekoop is of andersins. | ||||||


