Soek
 
 
Kategorieë
Boeke Musiek DVDs Speelgoed
Huidige Katalogus
BBP
Crink
Facebook
Twitter

SMS Bestelling

Verreweg die maklikste bestelmetode is per SMS - 34321.

Tik gewoon jou 8-syfer lidnommer in (sonder enige spasies tussen syfers) gevolg deur 'n enkele spasie en 'n 5-syfer bestelnommer na 34321.

Jy kan tot 5 items in een SMS bestel - skei net die verskillende bestelnommers met 'n enkele spasie. Moet asseblief geen leestekens gebruik nie.

Byvoorbeeld: as jou lidnommer 12345678 is en jy wil twee van dieselfde items (bv item nommer 75541) bestel,
moet jou SMS so lyk: 12345678 75541 75541

Jou SMS-bestelling kos R2.

Let wel: Jy kan nou hierdie nommer ook vir SMS-navrae gebruik.