Soek
 
 
Kategorieë
Boeke Musiek DVDs Speelgoed
Huidige Katalogus
Hoofkatalogus
Sperdatum: 25 Augustus 2010
Kan ek by Leserskring koop sonder om 'n Klublid te wees?

Kan ek by Leserskring koop sonder om ‘n Klublid te wees?

JA! Leserskring vier hierdie jaar 30 jaar in die boekbesigheid! Ons wil graag hê almal moet deel in ons liefde vir lees, daarom maak ons nou ons boekewêreld ook vir jou oop. Word deel van ons boekfamilie sonder dat jy by ons Klub hoef aan te sluit. Jy sal die normale verkoopprys op boeke betaal terwyl ons Klublede steeds die goedkoper Klubprys sal betaal. Word nou 'n boekwurm !

Registreer Nou

Kan ek op ‘n latere stadium by die Klub aansluit?

As jy besluit om by die Klub aan te sluit, gee ons jou 50% afslag* op jou mandjie as ‘n spesiale aansluitingsaanbod. Jy kan ook kies uit die normale aansluitingsaanbod van 3 boeke vanaf R15 elk.

Voordele van Leserskring Klublidmaatskap

  • Lidmaatskap is gratis
  • Tot 20% afslag op die normale verkoopprys van boeke
  • ’n Gratis, volkleur katalogus word elke 3 maande aan jou gepos
  • Opwindende kompetisies met ongelooflike pryse
  • Professionele diens van ons Klubkonsultante by 021 521 8585 of 083 915 6060
  • Jy kan vanuit die gerief van jou eie huis inkopies doen en Leserskring bied ‘n 100% geldterug-waarborg.
  • ’n Gebruikersvriendelike webtuiste met al die beskikbare produkte
  • Vir elke nuwe lid wat jy werf, kry jy ’n gratis geskenk!

Al wat ons van jou vra:

  • Bestel ten minste een boek teen die afslag Klubprys elke 3 maande
  • Bly ten minste vir 2 jaar ’n lid van ons Klub

* Terme en Bepalings geld

BBP
Crink
Facebook
Twitter

Privaadheidsverklaring

Sekuriteit

Leserskring beskou alle persoonlike inligting as hoogs vertroulik. Jy het die opsie om nie aanbiedinge van spesiale geselekteerde derde partye te ontvang nie. Skakel ons by 021 521 8585 of 083 915 6060 indien jy nie derde party aanbiedinge wil ontvang nie. Leserskring het 'n sekuriteitsbediener ('secure server') wat u persoonlike inligting nl u naam, e-posadres, pos-/woonadres en kredietkaart besonderhede vooraf beveilig ('encrypt') en stoor. As ons hierdie inligting kry, beskerm ons dit teen ongemagtigde toegang. Ons sal NOOIT u kredietkaart besonderhede aan 'n derde party bekend maak nie, behalwe as die wet dit vereis. Hierdie werf is ontwerp vir optimale funksionering; ook as u die gebruik van 'cookies' op u soekenjin ('browser') buite werking stel.

Entrust Digitale Sertifikaat

Leserskring is in besit van die Entrust Digitale Sertifikaat. Dit beteken dat Leserskring.com 'n wettige webwerf is en dat alle inligting vooraf beveilig ('encrypted') is om dit te beskerm teen derde party inmenging.

SSL Beveiligings (Encryption) Tegnologie

Leserskring gebruik ' Secure Sockets Layer' (SSL) om te verseker dat u bestelbesonderhede beskerm is teen derde party inmenging. Hierdie sagteware verseker veilige aanlyn transaksies tussen u en Leserskring.

Rekening Sekuriteit

U moet u kredietkaart besonderhede met elke transaksie (aankoop) verskaf. U kredietkaartnommer word om veiligheidsredes nie gestoor nie.

100% Bedrog-bestand Waarborg

Ons is oortuig dat ons veiligheidsmaatreëls onbreukbaar is. Sou daar egter 'n onwettige transaksie op u kredietkaart plaasvind wat op bedrog dui, sal u nie verantwoordelik gehou word nie d.i in die geval waar die transaksie nie as gevolg van 'n fout deur u was nie. In hierdie geval moet u die bedrog by u bank aanmeld.