Kan ek by Leserskring koop sonder om ‘n Klublid te wees?
JA! Leserskring vier hierdie jaar 30 jaar in die boekbesigheid! Ons wil graag hê almal moet deel in ons liefde vir lees, daarom maak ons nou ons boekewêreld ook vir u oop. Word deel van ons boekfamilie sonder dat u by ons Klub hoef aan te sluit. U sal die normale verkoopprys op boeke betaal terwyl ons Klublede steeds die goedkoper Klubprys sal betaal. Word nou 'n boekwurm !
Kan ek op ‘n latere stadium by die Klub aansluit?
As u besluit om by die Klub aan te sluit, gee ons u 50% afslag* op u mandjie as ‘n spesiale aansluitingsaanbod. U kan ook kies uit die normale aansluitingsaanbod van 3 boeke vanaf R15 elk.
Voordele van Leserskring Klublidmaatskap
- Lidmaatskap is gratis
- Tot 20% afslag op die normale verkoopprys van boeke
- ’n Gratis, volkleur katalogus word elke 3 maande aan u gepos
- Opwindende kompetisies met ongelooflike pryse
- Professionele diens van ons Klubkonsultante by 021 469 7575 of 083 915 6060
- U kan vanuit die gerief van u eie huis inkopies doen en Leserskring bied ‘n 100% geldterug-waarborg.
- ’n Gebruikersvriendelike webtuiste met al die beskikbare produkte
- Vir elke nuwe lid wat u werf, kry u ’n gratis geskenk!
Al wat ons van u vra:
- Bestel ten minste een boek teen die afslag Klubprys elke 3 maande
- Bly ten minste vir 2 jaar ’n lid van ons Klub
Liedjies Uit 'n Bundel
Kunstenaar: Verskeie Kunstenaars
Formaat: Musiek CD
| Snit | Titel |
|---|---|
| 1 | Victoriabaai (Lucas Maree) |
| 2 | Nostalgie (Laurika Rauch) |
| 3 | Tussen Treine (Richard Van Der Westhuizen) |
| 4 | Wat Het Gebeur By Aliwal Noord (Albert De Wet) |
| 5 | Vlieg Hoog (Juanita Du Plessis) |
| 6 | Ek Dink Aan Jou (Dozi) |
| 7 | Lisa Se Klavier (Koos Kombuis) |
| 8 | Rooiwyn En Candlelight (Gian Groen) |
| 9 | Groen Trui (Jan Blohm) |
| 10 | Brief Vir Simone (Anton Goosen) |
| 11 | My Visserman Vriend (Robbie Wessels) |
| 12 | Jy's My Beste Pel (Gerhard Steyn) |
| 13 | Engel (Melktert Kommissie) |
| 14 | Sally Williams Nougat (Jak De Priester) |
| 15 | Troos (Klopjag) |




