Kan ek by Leserskring koop sonder om ‘n Klublid te wees?
JA! Leserskring vier hierdie jaar 30 jaar in die boekbesigheid! Ons wil graag hê almal moet deel in ons liefde vir lees, daarom maak ons nou ons boekewêreld ook vir jou oop. Word deel van ons boekfamilie sonder dat jy by ons Klub hoef aan te sluit. Jy sal die normale verkoopprys op boeke betaal terwyl ons Klublede steeds die goedkoper Klubprys sal betaal. Word nou 'n boekwurm !
Kan ek op ‘n latere stadium by die Klub aansluit?
As jy besluit om by die Klub aan te sluit, gee ons jou 50% afslag* op jou mandjie as ‘n spesiale aansluitingsaanbod. Jy kan ook kies uit die normale aansluitingsaanbod van 3 boeke vanaf R15 elk.
Voordele van Leserskring Klublidmaatskap
- Lidmaatskap is gratis
- Tot 20% afslag op die normale verkoopprys van boeke
- ’n Gratis, volkleur katalogus word elke 3 maande aan jou gepos
- Opwindende kompetisies met ongelooflike pryse
- Professionele diens van ons Klubkonsultante by 021 521 8585 of 083 915 6060
- Jy kan vanuit die gerief van jou eie huis inkopies doen en Leserskring bied ‘n 100% geldterug-waarborg.
- ’n Gebruikersvriendelike webtuiste met al die beskikbare produkte
- Vir elke nuwe lid wat jy werf, kry jy ’n gratis geskenk!
Al wat ons van jou vra:
- Bestel ten minste een boek teen die afslag Klubprys elke 3 maande
- Bly ten minste vir 2 jaar ’n lid van ons Klub
Neem deel aan die Boek-Beloningspromosie!
Nuwe promosietydperk van 1 Januarie 2010 tot 30 Junie 2010.
Hoe werk dit? Verdien 'n boekkrediet vir elke boek wat jy gedurende die promosietydperk (bv 1 Januarie 2010 tot 30 Junie 2010) bestel en betaal. Vir elke 6 boekkrediete wat jy verwerf, kan jy 1 gratis boek uit die versameling uitgesoekte Beloningsboeke kies!
Hoe om vir 'n gratis boek te kwalifiseer: Eerstens, maak seker jy het die 6 krediete wat nodig is om jou gratis 7de boek te eis. Kies nou jou gratis boek uit die Beloningskeuse. Bestel dan deur jou Lidnommer en die boek se unieke Itemnommer uit die Beloningslys per SMS, e-pos of faks aan ons te stuur.
Belangrik: Lede wat reeds gedurende die eerste promosietydperk (1 Julie tot 31 Desember 2009) 6 boekkrediete verdien het, het net tot 31 Maart 2010 tyd om 'n gratis Beloningsboek te eis, want die boekkrediete verval dan.
Vrae
Wat is die voordeel vir my?
Jy kan gratis boeke uit ‘n geselekteerde verskeidenheid van top Beloningsboeke kies.
Hoe kan ek boekkrediete verdien?
Boekkrediete word uitgereik vir enige kwalifiserende boek wat teen die normale Klubprys uit die Hoofkatalogusse van 1 Januarie 2010 tot 30 Junie 2010 bestel en betaal word.
Hoe kan ek my boekkrediete gebruik?
Sodra jy 6 boeke gekoop en betaal het, sal jy kwalifiseer om ‘n gratis item uit die Boek-Beloning lys te kies.
Hoe kan ek my status sien?
Jy sal gereeld per SMS of e-pos op hoogte van jou boekkredietbalans gehou word.
Wat as ek gekwalifiseer het, maar nog nie my gratis boek opgeëis het nie?
Boekkrediete kan tussen 1 Januarie 2010 - 30 Junie 2010 verwerf word en mag gedurende die tydperk opgeëis word. Onopgeëisde boekkrediete sal op 30 Junie 2010 verval.
As ek meer as 6 boeke gedurende die promosietydperk koop, sal ek meer as een gratis Boek-Beloning kan eis?
Natuurlik! Vir elke 6 boeke wat jy koop en betaal, sal jy vir ‘n gratis 7de een (uit die Boek-Beloningslys) kwalifiseer.
Watter boeke mag ek as my gratis Boek-Beloning kies?
Die Boek-Beloningskeuse sal altyd uit ten minste 18 gratis boeke uit ‘n verskeidenheid genres bestaan. Elke Boek-Beloningstitel is aan beskikbaarheid onderworpe en die lys sal gereeld bygewerk word. Boek-Belonings sal in die Hoofkatalogus sowel as op ons webwerf aangebied word.
Hoe kan ek my Boek-Beloning opeis?
Sodra jy 6 boekkrediete opgegaar het, mag jy ‘n gratis Boek-Beloning eis. Onthou om die unieke Itemnommer op die Boek-Beloningsblad te gebruik en NIE die Itemnommer wat in die Hoofkatalogus vir dieselfde boek gebruik word nie.
Ek het ‘n boek bestel, maar dit is tans uit voorraad. Sal dit steeds as ‘n boekkrediet tel?
Boekkrediete word uitgereik op boeke wat gedurende die promosietydperk bestel en betaal is. Indien jy ‘n item tussen 1 Januarie 2010 - 30 Junie 2010 bestel het en dit word voor 30 Junie afgelewer, kan jy steeds jou gratis Boek-Beloning opeis. LET WEL: Jy moet jou gratis boek voor 30 Junie eis.
Wat as ek ‘n groot aantal boeke by ‘n Klub-uitverkoping bestel het?
Net boeke wat teen normale Klubprys in die Hoofkatalogus voorkom sowel as ander spesiaal gemerkte boeke, tel vir die Boek-Beloningspromosie. Alle ander word uitgesluit.
Wat as ek naby die einde van die promosietydperk by die Klub aansluit?
Jy sal steeds aan die Boek-Beloningspromosie kan deelneem solank jy 6 boeke tussen 1 Januarie 2010 en 30 Junie 2010 koop en betaal.
BELANGRIK: Moenie die gewone Itemnommer vir die boek gebruik as dieselfde titel ook elders in die Hoofkatalogus verskyn nie. Beloningsboeke se Itemnommers begin met die syfer 9.



