Soek
 
 
Kategorieë
Boeke Musiek DVDs Speelgoed
Huidige Katalogus
Hoofkatalogus
Sperdatum: 25 Augustus 2010
Kan ek by Leserskring koop sonder om 'n Klublid te wees?

Kan ek by Leserskring koop sonder om ‘n Klublid te wees?

JA! Leserskring vier hierdie jaar 30 jaar in die boekbesigheid! Ons wil graag hê almal moet deel in ons liefde vir lees, daarom maak ons nou ons boekewêreld ook vir jou oop. Word deel van ons boekfamilie sonder dat jy by ons Klub hoef aan te sluit. Jy sal die normale verkoopprys op boeke betaal terwyl ons Klublede steeds die goedkoper Klubprys sal betaal. Word nou 'n boekwurm !

Registreer Nou

Kan ek op ‘n latere stadium by die Klub aansluit?

As jy besluit om by die Klub aan te sluit, gee ons jou 50% afslag* op jou mandjie as ‘n spesiale aansluitingsaanbod. Jy kan ook kies uit die normale aansluitingsaanbod van 3 boeke vanaf R15 elk.

Voordele van Leserskring Klublidmaatskap

  • Lidmaatskap is gratis
  • Tot 20% afslag op die normale verkoopprys van boeke
  • ’n Gratis, volkleur katalogus word elke 3 maande aan jou gepos
  • Opwindende kompetisies met ongelooflike pryse
  • Professionele diens van ons Klubkonsultante by 021 521 8585 of 083 915 6060
  • Jy kan vanuit die gerief van jou eie huis inkopies doen en Leserskring bied ‘n 100% geldterug-waarborg.
  • ’n Gebruikersvriendelike webtuiste met al die beskikbare produkte
  • Vir elke nuwe lid wat jy werf, kry jy ’n gratis geskenk!

Al wat ons van jou vra:

  • Bestel ten minste een boek teen die afslag Klubprys elke 3 maande
  • Bly ten minste vir 2 jaar ’n lid van ons Klub

* Terme en Bepalings geld

BBP
Crink
Facebook
Twitter

Baie melk en twie sykers

Itemnommer: 22475
ISBN: 9781869193454
Skrywer: Anastasia de Vries
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 104
Vir sommige is Ravensmead in die Kaap die gatkant van onse wêreld. Vir ander – soos die skrywer – hul
komvandaanplek, speelplek en droomplek. Jy moet hier gebore word om te verstaan hoe jou hart teen jou ribbes begin skop as jy op Vlaktegrond uitstap. Hier word baie gehuil, maar nog meer gelag – want waar mooi en onmooi half onverskillig deurmekaargeklits is, dáár gebeur die lewe.
Ons wag op meer voorraad van hierdie produk en stuur jou pakkie sodra ons dit ontvang.
Baie melk en twie sykers

Lede Prys:  
R 99.95 
Gewone Prys:  
R 120.00 
Spaar R 20.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Abel se ontwaking

Itemnommer: 24869
ISBN: 9780798151306
Skrywer: Chris Karsten
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 384
Op sy kleinhoewe buite Johannesburg bewerk Abel Lotz die velle van diertjies om te verruil vir die maskers wat hy in sy galery verkoop. Vir sy 50ste verjaarsdag wil hy homself bederf met ’n nuwe gesig. Inspekteur Ella Neser se eerste moordsaak is ongewoon. Die liggaam van ‘n jong vrou is byna sagkens agtergelaat, afgesien van ’n vreemde skouerwond…

Uittreksel uit boek:

Hoofstuk 1

In die spieël, klaar geskeer, sy vel tintelend, betrag Abel sy gesig. Die haatlike gelaatstrekke, onvoltooide knoeiwerk van ’n lomp beeldhouer. Dan die beeltenis van ’n hand, die een wat die skeermes vashou, en soms die skalpel. En strelende oor die voorkop,
die wange en ken, oor die brug van die plat neus, ontsluit die aanraking van die vingers aan sy vel die gekoggel en verstoting.
Hy leun vooroor. Is dit ’n druppel water wat daar in die binnehoek van die lui oog uitglip? In die spieël dep die kussing van ’n voorvinger die druppel en bring dit na die punt van die tong.
Souterig. ’n Traan, dink hy gelate. Hy het grootgeword met versmading en wantroue in die wêreld, ’n traan is gepas.
Net sy moeder kon hy vertrou. Van kleintyd af het sy hom aangemoedig om sy troos in isolasie te gaan soek. En by haar. By haar is hy homself, by haar hoef hy hom nie in hoeke en skadu’s teen die aanblik van mense te verskans nie, hoef hy nie ’n masker van mee-lewing te probeer dra nie.
Nou ’n trekking aan die mondhoeke, net ’n grimas. Abel glimlag selde. Maar oor ’n maand is sy verjaardag. En hy gaan homself bederf met ’n besondere geskenk: ’n nuwe gesig.
Dit is nie ’n impulsiewe besluit nie, hy het lank daaroor getob.
Hy staan voor die spieël en voel hoe die opwinding diep in hom roer en opwel. Dit begin met ’n trilling in sy bene asof hy in ’n atmosfeer van gewigloosheid wil sweef.
En ’n aanvallige gesig. Vir ’n spesiale okkasie, ’n spesiale gemoedstemming, wil hy ’n mooi gesig voorsit.
Maar natuurlik, dink hy met ’n wispelturige knip van sy lui oog, sal hy eers sy moeder se mening gaan vra. Soos die gebruik in alle groot besluite, is háár seën nodig. Tog het hy geen sweem van twyfel nie. Sy moeder sal begryp, sy sal sy behoefte verstaan aan ’n
opwindende tussenspel met ’n nuwe gelaat.
Nie noodwendig die gesig van ’n man nie, verkieslik nié. Eerder die fyn gelaatstrekke van ’n jong vrou, peins hy voor die spieël. Die dogter waarna sy moeder so gesmag het.
Ja, dink Abel nou geesdriftig en effe duiselig, vir sy nuwe voorkoms wil hy die perfekte gelaat van ’n jong vrou hê, delikaat en nog onbedorwe; ’n teder vel van saggelooide maagdeperkament wanneer hy haar gesig oor syne aantrek.

Hoofstuk 2

Die vrou in byderwetse slenterdrag stap eers by die toonvenster verby, steek dan vas, soos winkelkykers doen as iets die oog vang. Op koers na die Gucci-boetiek, maar op ’n Saterdagoggend in ’n winkelsentrum is die bestemming net die hoogtepunt van ’n genotlike wandeltog. Slenter, drink koffie, blaai deur ’n nuwe boek, luister na ’n CD-snit, pas ’n deftige sonbril op, koop kaas en olywe vir die aand se gaste, miskien ’n vrylopende hoender, nou bevrore, vir Sondagmiddag se ete, voel aan jou palm die tekstuur van ’n handgeweefde tapyt uit Turkmenistan. Op pad na die Gucci-bloes en Zanotti-sandale is jy deel van die promenade. En as ’n bonte samekoms van makabere gesigte agter ’n toonvenster jou aandag trek, steek jy vas, al is dit net uit nuuskierigheid.
Sy ken etniese Afrikamaskers; tiekie-’n-bos in die padstalletjies van snuisternysmouse, saam met beeldjies uit seepsteen, Afrikadiere uit hout, bric-à-brac van leer, erdewerk en kleurryke kraletjies. Sy steek vas, hierdie is nie net nog n kuriowinkel nie, nie ingeprop met rakke vol nuttelose soeweniers nie, eerder ’n antikwariese galery. En dit is wat haar interesseer, dit is haar veld: oudhede. Sy stap in.
Abel se ontwaking

Lede Prys:  
R 149.95 
Gewone Prys:  
R 175.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Anderkant Pontenilo

Itemnommer: 36673
ISBN: 9780624047018
Skrywer: Irma Joubert
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 448
Die Italianer Antonio beland as krygsgevangene op ‘n
Bosveldplaas waar hy klipwerk doen. Hier ontmoet hy vir Klara, die Afrikaner-meisie wat sy geesgenoot
word…
Anderkant Pontenilo

Lede Prys:  
R 149.95 
Gewone Prys:  
R 180.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Dagboek 2011

Itemnommer: 24935
ISBN: 9780624048770
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 164
Hierdie jaarbeplanner bevat spitsvondige aanhalings van
bekendes, van Audrey Blignault tot André P Brink, van
Marita van der Vyver tot Mathews Phosa, en Nataniël tot
Nelson Mandela.
• Aanhalings van SA skrywers, denkers,
leiers en kunstenaars
• Vars, moderne uitleg
• Verfrissende inhoud
• Formaat wat elke handsak sal pas
Dagboek 2011

Lede Prys:  
R 124.95 
Gewone Prys:  
R 150.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Die begunstigde

Itemnommer: 23549
ISBN: 9780798150958
Skrywer: D.J. Winterbach
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 200
’n Eensame man wat vasgevang is in ’n verlede wat hy nie kan onthou nie, wil as ’n vrywilliger deur genadedood sterf. Hy verlaat sy solderkamer, loop verby die deur van sy buurvrou, die prostituut, en stap die stad in, op pad na die kliniek. Dan besluit hy om vir oulaas die biblioteek te besoek … en hy word
onverwags meegesleur na ’n byeenkoms met gemaskerde feesgangers. ’n Sielkundige riller waarin die mens se
diepste onderbewuste verken word.
Die begunstigde

Lede Prys:  
R 139.95 
Gewone Prys:  
R 170.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Die benederyk

Itemnommer: 23507
ISBN: 9780798151474
Skrywer: Ingrid Winterbach
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 336
Die verhaal van 2 broers – skilder Aaron en eks-verslaafde Stefaans. Aaron se galery-eienaar laat
hom in die steek en Bubbles Bothma, vriendin extraordinaire, gee raad!
Die benederyk

Lede Prys:  
R 164.95 
Gewone Prys:  
R 195.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Die onbekendes

Itemnommer: 25361
ISBN: 9780799345230
Skrywer: François Bloemhof
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 240
Skielik op ’n dag is alles anders. Waarskuwings dui
daarop dat die wêreld nie meer ons woning is nie en
mense begin dinge doen wat hulle nooit voorheen
sou nie. Gewelddadige dinge ... alles is onvoorspelbaar. Onbekend. ’n Man en vrou stry om sin te maak van wat om hulle gebeur. Hulle moet waak teen gevare wat om elke hoek kan skuil ... en dán? As jou bestaan ’n nagmerrie word, wie vertrou jy?
• ‘n Storie van die newelwêreld tussen sielkundige
riller en ware gruverhaal.
Die onbekendes

Lede Prys:  
R 125.20 
Gewone Prys:  
R 140.00 
Spaar R 14.80
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Dis koue kos, skat

Itemnommer: 24612
ISBN: 9780624048855
Skrywer: Marita van der Vyver
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 320
Clara Brand skreeu om wraak. Haar man Bernard het haar en hul drie kinders vir een van haar vriendinne gelos. Sy stort haar woede, haar behoefte aan begrip en ondersteuning uit in briewe. Die briewe wys die verskeie ‘stasies’ van Clara se herstelproses: woede,
aanvaarding, nuwe vryheid, herstel van haar sekslewe, hernieude bande met haar eks-man, die deurlopende poging om haar kinders normaal groot te maak. ’n Vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming.
Dit skitter én ontplof, skok én verkwik, soos net die vurigste verhoudings kan.
Bonusboeke
2+ Lidjare = spaar
Bestel dit as 2de boek om afslag te kry
Klubprys - R 154.95
2 - 6 jare - R 138.95
7 - 12 jare - R 123.95
13 - 18 jare - R 108.95
19+ jaar - R 89.95
Bonusboeke is teen 'n spesiale prys beskikbaar vir lojale lede met 2 of meer lidmaatskapjare wat reeds EEN ITEM uit die katalogus bestel het. Die afslag op Bonusboeke is nog groter as die gewone klub afslag op winkelpryse.
Dis koue kos, skat

Lede Prys:  
R 154.95 
Gewone Prys:  
R 185.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Donatello en Volksie

Itemnommer: 24802
ISBN: 9780624048305
Skrywer: Marion Erskine
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 256
Zoë ontmoet Donatello, ‘n advokaat wat sy klerekas colour code en suiwer Afrikaans praat op www.matchmate.
Wanneer hulle uiteindelik in lewende lyf ontmoet, is die gevolge skreeusnaaks.
Donatello en Volksie

Lede Prys:  
R 124.95 
Gewone Prys:  
R 149.95 
Spaar R 25.00
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Duiwelsbrood en ander kort en lang stori

Itemnommer: 23440
ISBN: 9780799345919
Skrywer: Annelie Botes
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 484
Hierdie nuwe bundel bevat 3 kort romans en 19 kortverhale – ‘n heerlike dik omnibus vir aanhangers om aan te smul. Botes se bekende stem sal jou meesleur, vermaak en met diep menslike insigte oor dinge laat dink. Sluit ‘n essay in waarin sy die
genesis van haar skrywerskap beskryf.
Duiwelsbrood en ander kort en lang stori

Lede Prys:  
R 135.20 
Gewone Prys:  
R 150.00 
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Ek is maar ene

Itemnommer: 22517
ISBN: 9781869193430
Skrywer: Dot Serfontein
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 208
Met bewondering, deernis en ’n skerp sin vir humor skets die skrywer die kontreigeskiedenis van die Vrystaat en sy mense. Geniet stories oor alles van stoethoenders en begrafnisse tot reise met kinders en koeldrank. Boeiend en by tye skreeusnaaks.
Ek is maar ene

Lede Prys:  
R 119.95 
Gewone Prys:  
R 140.00 
Spaar R 20.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Emma en Nella

Itemnommer: 23572
ISBN: 9781415201206
Skrywer: E K M Dido
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 192
Emma tel ‘n siek baba in ’n boks langs die N1 op en besluit om die kind te hou. Sy was nog nie oor die skok van ’n huwelik wat voor die kansel geëindig het nie. Toe Gert, die man op wie sy so versot was, van die aanneming hoor, verskyn hy weer en belowe om ’n pa vir Nella te wees. Niks meer as dit nie, want Emma se
pa het dit daardie dag in die kerk verbied. Vir 12 jaar lank loop alles goed – tot die oggend toe Emma ontdek Nella is met tik deurmekaar ... en die ondenkbare word denkbaar.
Ons wag op meer voorraad van hierdie produk en stuur jou pakkie sodra ons dit ontvang.
Emma en Nella

Lede Prys:  
R 149.95 
Gewone Prys:  
R 180.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Ena Murray Omnibus 25

Itemnommer: 18010
ISBN: 9780624048596
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 512
Nuwe horison: Hendrien Hugo word uit haar rykmeisielewe geruk deur haar aangetrokkenheid
tot die aantreklike dr Luther Lubbe.
• Bloeisels in die ryp: Skrander kinderhuiskind Renske Conradie se droom van ’n universiteitsgraad spat aan skerwe toe sy swanger raak.
• Zuleka Bordeaux: Die hoofkarakter se boot word deur ’n seerower gebuit en sy leer in die proses vir die eerste keer die krag van haar eie emosies ken.
Ena Murray Omnibus  25

Lede Prys:  
R 154.95 
Gewone Prys:  
R 185.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Ena Murray Omnibus 24

Itemnommer: 20792
ISBN: 9780624048077
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 512
Drie verhale deur die immer-gewilde Ena Murray: Agter die masker, Bruid uit die vreemde en Haar grootste offer.
Ena Murray Omnibus 24

Lede Prys:  
R 149.95 
Gewone Prys:  
R 175.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Etosha – ’n Roman

Itemnommer: 24844
ISBN: 9780798151559
Skrywer: Piet van Rooyen
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 352
Karel Fechter, parkhoof van Etosha, weet hy staan in die pad van die nuwe regering se ontwikkelingsplanne.
Op ’n dag probeer Fechter se teenwilddiefstaleenheid
‘n wildstroper – die hoofman van ‘n Himba-stam en Justus Tjambiro se pa – vang. Die renosterhoring wat die stroper laat val terwyl hy vlug, moes betaal vir sy
seun se universiteitsopleiding. Wanneer Justus sy pa
se lyk vind, neem hy hom voor om hom te wreek op
Fechter. Só word Etosha die brandpunt van botsings
wat uit die transformasie van natuurbewaring
spruit.
Etosha – ’n Roman

Lede Prys:  
R 164.95 
Gewone Prys:  
R 195.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Ettie Bierman Keur 5

Itemnommer: 20800
ISBN: 9780624047919
Skrywer: Ettie Bierman
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 512
• Iewers wag die môre: Kan Fiona en Johan se
huwelik gered word?
• Mariëtte aan ’n lyntjie: Hoe het lugwaardin
Mariëtte in dié gemors beland?
• Ouverture op Overberg: Kobie moet kies tussen erf en trou?
Ettie Bierman Keur 5

Lede Prys:  
R 149.95 
Gewone Prys:  
R 175.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Just Dessert, Dear

Itemnommer: 24596
ISBN: 9780624048862
Skrywer: Marita van der Vyver
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 272
Clara Brand is seething. Her husband has left her for one of her friends, a journalist at a magazine where Clara works. Anaïs – 10 years younger, thin, beautiful and incapable of even boiling an egg. But revenge is a dish best served cold...
Bonusboeke
2+ Lidjare = spaar
Bestel dit as 2de boek om afslag te kry
Klubprys - R 154.95
2 - 6 jare - R 138.95
7 - 12 jare - R 123.95
13 - 18 jare - R 108.95
19+ jaar - R 89.95
Bonusboeke is teen 'n spesiale prys beskikbaar vir lojale lede met 2 of meer lidmaatskapjare wat reeds EEN ITEM uit die katalogus bestel het. Die afslag op Bonusboeke is nog groter as die gewone klub afslag op winkelpryse.
Just Dessert, Dear

Lede Prys:  
R 154.95 
Gewone Prys:  
R 185.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Kersfees in Carmona en ander stories

Itemnommer: 22509
ISBN: 9781869192877
Skrywer: Doc Immelman
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 114
Dié 5 stories skets wêrelde waar hardebaarde kan liefhê, helde nog met die vuis kan slaan en mense met hul verlede gekonfronteer word.
Kersfees in Carmona en ander stories

Lede Prys:  
R 109.95 
Gewone Prys:  
R 130.00 
Spaar R 20.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Kryt en Kordaat

Itemnommer: 22996
ISBN: 9781869193362
Skrywer: Pieter Greeff
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 278
’n Verhaal oor die vriendskap tussen twee seuns uit verskillende kulture. ‘n Moet-lees vir alle natuur- en
buiteleweliefhebbers, propvol avontuur en lesse in menseverhoudinge! Wonderlike gebruik van Boesman-
Afrikaans.
Kryt en Kordaat

Lede Prys:  
R 124.95 
Gewone Prys:  
R 150.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Marico se mambas

Itemnommer: 24885
ISBN: 9780798150699
Skrywer: Piet Swanepoel
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 160
Dié boek neem jou terug na die Vrystaat en Transvaal van net ná die Groot Trek tot in die 1940’s. Dis die
wêreld van wilde boere, transportryery, jag, oorlogservarings, liegstories en spookstories.
Marico se mambas

Lede Prys:  
R 124.95 
Gewone Prys:  
R 150.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Marike se laaste dans

Itemnommer: 23556
ISBN: 9780798151467
Skrywer: Deborah Steinmair
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 160
Maud se “regte” lewe ontvou in die sporadiese ontmoetings tussen haar en voormalige presidentsvrou
Marike de Klerk.
Marike se laaste dans

Lede Prys:  
R 134.95 
Gewone Prys:  
R 160.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Naweek

Itemnommer: 20495
ISBN: 9780624047599
Skrywer: Toast Coetzer
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 160
Dié boek sleep jou deur die ekstase maar ook die verskriklike tuimelings van die rockwêreld. Tog is daar is dinge wat nie deur dwelms, seks, ure se oefening in ’n gimnasium of die bewondering van derduisende aanhangers verdryf kan word nie...
Naweek

Lede Prys:  
R 134.95 
Gewone Prys:  
R 160.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Nooit is 'n lang, lang tyd

Itemnommer: 14126
ISBN: 9780795702778
Skrywer: Anchien Troskie
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 372
Drie vriendinne hou vakansie langs die see – net om agter te kom elkeen van hulle bewaar al jare lank ‘n
geheim wat die ander nie dúrf weet nie …
Nooit is 'n lang, lang tyd

Lede Prys:  
R 179.95 
Gewone Prys:  
R 215.00 
Spaar R 35.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Omnibus 1

Itemnommer: 24711
ISBN: 9780624048589
Skrywer: Annelize Morgan
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 512
• Bruid van die woestyn: Colette se ksip word voor die Kaap deur seerowers oorval.
• Woestynwind oor Jawarah: Die slavin Ara moet deur die woestyn na vryheid reis.
• Hart van die Groot Woestyn: Caroline moet 'n vloek verbreek deur 'n swaard op te spoor.
Omnibus 1

Lede Prys:  
R 154.95 
Gewone Prys:  
R 185.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Omnibus 2

Itemnommer: 24836
ISBN: 9780798151436
Skrywer: Christine le Roux
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 480
• Liewe Onskuld: Die jong rabbedoe Olivia Joubert lyk
aanvanklik na ’n onwaarskynlike kinderoppaster, maar sy
laat geen teenspraak toe nie en sy vat nie nee vir ‘n antwoord nie.
• Om lief te hê: Hester Verster aanvaar ’n pos by ’n plaasskool, maar die plaaseienaar is uit die staanspoor openlik vyandig teenoor haar.
• ‘n Veilige hawe: Madeleine trou met die doodgoeie
Johan, al maak sy dit duidelik dat sy nie verlief is op
hom nie.
Omnibus 2

Lede Prys:  
R 149.95 
Gewone Prys:  
R 180.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Omnibus 26

Itemnommer: 24679
ISBN: 9780624048688
Skrywer: Ena Murray
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 512
• Skaduwees van gister: Matrone Anmar Cloete se pos word feitlik oornag oorbodig gemaak – en boonop word ’n nuwe dokter, haar gewese verloofde Clive, aangestel . . .
• Die geleende bruid: Charmain loop haar verdwene man, Arnold, weer raak, maar hy ken haar glad nie meer nie!
• Bruid van die Heerengracht: Daar verskyn aan die Kaap twee here wat albei beweer hulle is die enigste erfgenaam van die skatryk graaf De Brecy.
Bonusboeke
2+ Lidjare = spaar
Bestel dit as 2de boek om afslag te kry
Klubprys - R 154.95
2 - 6 jare - R 138.95
7 - 12 jare - R 123.95
13 - 18 jare - R 108.95
19+ jaar - R 98.95
Bonusboeke is teen 'n spesiale prys beskikbaar vir lojale lede met 2 of meer lidmaatskapjare wat reeds EEN ITEM uit die katalogus bestel het. Die afslag op Bonusboeke is nog groter as die gewone klub afslag op winkelpryse.
Omnibus 26

Lede Prys:  
R 154.95 
Gewone Prys:  
R 185.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Omnibus 3

Itemnommer: 24687
ISBN: 9780624048695
Skrywer: Elsa Rademeyer
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 512
• ’n Les vir Elizabeth: Elizabeth moet tussen twee mans kies vir wie sy albei ewe lief is.
• Hoë berge: Die liefde blom tussen Ilze en Julius, maar albei worstel met ‘n verlede.
• Die onwillige bruid: Ruben raak hy verlief op ’n getroude vrou…
Omnibus 3

Lede Prys:  
R 154.95 
Gewone Prys:  
R 185.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Omnibus 4

Itemnommer: 24703
ISBN: 9780624048701
Skrywer: Louisa du Toit
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 512
• Agter toe vensters: Erika se verhouding met Nico word
gekompliseer deur haar skandalige familie.
• Die wakende droom: Nelia verloor haar moeder in ’n
ongeluk, en sy voel aanspreeklik vir die verlies.
• Die gras sal weer groei: Wilma ontmoet ’n aantreklike
dokter, en sy begin wonder oor haar en Chris se
huweliksplanne . . .
• Dwaallig vir sterre: Frans moet kies tussen twee vroue – ’n rykmansdogter en ’n meisie met ’n geheime
verlede.
Omnibus 4

Lede Prys:  
R 154.95 
Gewone Prys:  
R 185.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Papawers

Itemnommer: 25395
ISBN: 9780799346619
Skrywer: Ingrid vander Veken
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 144
Die aangrypende verhaal van ‘n vrou wat probeer deurdring tot haar stiefseun wat aan skisofrenie ly. Haar konfrontasie met die skimme in sy kop bring meer vrae as antwoorde. Dan verloor hy beheer en dobber al verder weg terwyl sy ouers magteloos toekyk.
Papawers

Lede Prys:  
R 130.20 
Gewone Prys:  
R 145.00 
Spaar R 14.80
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Plante kan praat

Itemnommer: 23564
ISBN: 9780795703003
Skrywer: Jeanne Goosen
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 160
16 puik stories oor alles van die gryse voorstedelikheid van Parow en dooie siele wat met
mekaar praat tot by plante wat nes woorde en musiek al balsem vir ons droewige bestaan is.
Plante kan praat

Lede Prys:  
R 139.95 
Gewone Prys:  
R 165.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Pluimprinse

Itemnommer: 24810
ISBN: 9780624048251
Skrywer: Malene Breytenbach
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 320
Ná sy aangeval is, vlug Olivia na Oudtshoorn, waar sy
haar ouma en ’n vergete wêreld van swier en rykdom – die tyd van die pluimprinse – leer ken. Stadig begin
haar heling.
Pluimprinse

Lede Prys:  
R 149.95 
Gewone Prys:  
R 180.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Sjokoladesoene

Itemnommer: 25379
ISBN: 9780799345766
Skrywer: Kristel Loots
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 448
Jessie Jansen is modelmooi maar sit sonder selfbeeld
omdat haar man met ‘n jonger dolla vort is. Sjokolade is al wat troos. Dan sien ‘n talentsoeker vir Jessie
raak en sy begin ‘n nuwe lewe.
Sjokoladesoene

Lede Prys:  
R 135.20 
Gewone Prys:  
R 150.00 
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Somersneeu

Itemnommer: 18507
ISBN: 9780798151153
Skrywer: Helene de Kock
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 512
Rouke Bruwer, sy vriende en die vroue in hul lewe is pas uit matriek en Afrika wag. Die lewe is tegelyk mooi en seer. ’n Verhaal oor die kompleksiteit van die
liefde.
Somersneeu

Lede Prys:  
R 149.95 
Gewone Prys:  
R 175.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Spoorloos

Itemnommer: 25403
ISBN: 9780799346626
Skrywer: Riana Mouton
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 312
Alex Cloete is kwaad vir die lewe. Hy het nie geld nie, nie rigting nie, en sy geliefde seun, Zander, woon by sy ma, Mercia, ver van hom af. Wanneer Mercia in baie verdagte omstandighede sterf en die kind wegraak, kry Alex lewe en rigting. Alex glo dis sy geheime lewe toe hy in die weermag was, wat hom inhaal en die rede is vir hierdie ontvoering. Of is dit? Want sy ma blyk ook ʼn paar geheime te hê wat vir hiervoor verantwoordelik kan wees ... ʼn Naelbyter van internasionale standaard.
Spoorloos

Lede Prys:  
R 135.20 
Gewone Prys:  
R 150.00 
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Swartskaap

Itemnommer: 13920
ISBN: 9780795702853
Skrywer: Odette Schoeman
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 384
Met ‘n ma wat drink en ‘n pa wat al in die tronk was, het Claudie se lewe nie goed begin nie. Maar dis haar pa se skuld dat sy haar matriekjaar in die Salvation
Army moes deurbring...
Swartskaap

Lede Prys:  
R 164.95 
Gewone Prys:  
R 199.95 
Spaar R 35.00
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Toring se baai

Itemnommer: 13979
ISBN: 9780795702877
Skrywer: E. Kotze
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 272
In die vissersdorpie Toring langs die Weskus probeer wit en bruin oorleef. Dan vernietig ‘n verwoestende storm alles en almal moet ‘n nuwe begin maak. ‘n Verhaal van diep menslikheid.
Toring se baai

Lede Prys:  
R 144.95 
Gewone Prys:  
R 175.00 
Spaar R 30.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Versamelde Boesmanstories 2

Itemnommer: 22483
ISBN: 9781869192891
Skrywer: G.R. von Wielligh
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 248
‘n Kykie op die lewe van Boesmans. Vind uit waarom
Boesmans nie aan vreemdelinge wys waar water in die
woestyn is nie, en meer.
Versamelde Boesmanstories 2

Lede Prys:  
R 134.95 
Gewone Prys:  
R 160.00 
Spaar R 25.05
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Vier Briewe vir Jan Ellis

Itemnommer: 16592
ISBN: 9781770220812
Skrywer: Steve Hofmeyr
Formaat: Hardeband
Lengte (bladsye): 104
’n Posbode van die Weskus is in die moeilikheid. Die karakters staan magteloos voor kerkleiers, die regstelsel en ’n gemeenskap wat hulpeloses soms in
die steek laat…
Vier Briewe vir Jan Ellis

Lede Prys:  
R 109.95 
Gewone Prys:  
R 120.00 
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.

Vuurvreter

Itemnommer: 25387
ISBN: 9780799346602
Skrywer: Leon van Nierop
Formaat: Sagteband
Lengte (bladsye): 312
Henno Barnard bly op ‘n rivierboot in Botswana en maak insetsels vir ‘n SA TV-program wat skielik eindig. Skielik moet hy ander bronne van inkomste vind. Die bestuurder van ‘n TV-produksiehuis, die beeldskone en gevaarlike Kim Naude, wil hom as haar kameraman oplei. Terselfdertyd vra gastehuisbestuurder Selma hom om haar met ‘n rolprent te help. Dan word verskeie moorde in die omgewing gepleeg en Henno besef almal is nie wie hulle sê hulle is nie.
Vuurvreter

Lede Prys:  
R 135.20 
Gewone Prys:  
R 150.00 
Nie 'n lid nie?
Koop die produk teen gewone prys.
E-pos hierdie inligting aan ‘n vriend(in)
Vriend(in) se besonderhede
Vriend se naam
Vriend se e-pos
Jou besonderhede
Naam
E-posadres
Boodskap
CAPTCHA
Sleutel die kode in